VOLLE EVANGELIE KERK VAN GOD

Wilropark Gemeente

VOLLE EVANGELIE KERK VAN GOD

Wilropark Gemeente

Kom kuier vir ons Sondag @ 9:00

Dienstye

Sondag Oggenddiens 9:00
Sondag Aanddiens 18:00

KEN U JESUS

Meer Oor Ons

Die Volle Evangelie Kerk van God Wilropark is onder die leiding van Pastoor Leon Havenga.

Ons kerk het `n begeerte om die boodskap van Jesus Christus uit te dra aan almal waarmee ons in kontak kom, ons lidmate te bemoedig en uit te reik na die minderbevoorregtes.

Geloofs Belydenis, Ons Glo In:

  • Die Goddelike inspirasie van die Bybel, die Heilige Skrif
  • Een God, ewigdurend bestaande in drie persone nl. Vader, Seun en Heilige Gees
  • Die Here Jesus Christus, die Eniggebore Seun van die Vader, wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria, gekruisig en begrawe is, wat opgestaan het uit die dode, opgeneem is na die Hemel en nou aan die regterhand van die Vader as Middelaar sit.
  • Die Duiwel of Satan: ‘n werklike persoon; oorspronklik ‘n geskape wese wat as gevolg van sy oortreding uit die teenwoordigheid van God verwerp is en nou die vyand van God en mens en elke ware gelowige is.
  • Sonde: die val van die mens en sy verlore toestand van nature
  • Bekering tot God
  • Wedergeboorte of die Nuwe Lewe en die doop van die gelowiges deur die Heilige Gees in die Liggaam van Christus
  • Versoening tussen God en mens
  • Verlossing deur die bloed van Christus
  • Regverdigmaking deur geloof in die Here Jesus Christus
  • Waterdoop van die gelowige deur enkelvoudige onderdompeling
  • Restitusie
  • Die gelowige se belydenis van sonde
  • Heiligmaking en heiligheid
  • Die inwoning deur die Heilige Gees in die gelowige
  • Die Avondmaal of Nagmaal
  • Die kerk as die uitverkore gemeenskap van wedergebore gelowiges in die Here Jesus Christus
  • Die persoonlike wederkoms van die Here Jesus Christus om Sy opgewekte en verheerlikte Kerk in die lug te ontmoet.
  • Die groot verdrukking aan die einde van hierdie tydsbedeling
  • Die duisendjarige vrederyk van die Here Jesus Christus onmiddelik na die groot verdrukking
  • Die Nuwe Hemel en Nuwe Aarde waarin geregtigheid woon
  • Die ewige straf van die goddelose

Skakel Ons

Sou u meer oor enige aspekte van die gemeente wil weet is u welkom ons te kontak.

 

Adres

19 Ranonkel straat
Wilropark
Roodepoort
1724

Telefoon nommer

Pastoor Leon Havenga
063 681 4350

Epos

info@vekwilropark.co.za

Dienstye

Sondag Oggenddiens 9:00
Sondag Aanddiens 18:00

Volg ons

 

19 Ranonkel straat
Wilropark